Ho-Ho-Hou My Dop! — Swembroek | Voorafbestelling
Bestel vooruit — die somer wag nie!
Voorafbestelling | Amptelike bekendstelling: 1 November 2026.
Jy betaal die volle R358 per swembroek by checkout om jou bestelling te plaas. Dit is ’n voorafbestelling: die eerste voorraad is nog onderweg en hierdie item is nie gereed vir onmiddellike versending nie.
Verwagte versending: die week van 2 November 2026, nadat die voorraad ontvang en nagegaan is. Die koerier se afleweringstyd volg daarna. Indien die voorraad vertraag word, sal ons jou oor die hersiene versendingsdatum inlig. Kontak ons indien jy jou voorafbestelling wil kanselleer.
Kersfees het nie sneeu nodig nie — net ’n swembad en ’n bietjie persoonlikheid. Hierdie rooi swembroek bring Kersvader, gemmerbroodmannetjies, geskenke en feestelike patrone saam vir ’n somer met ’n knipoog.
Die ondeunde vel- en onderbroek-effek is deel van die gedrukte ontwerp: die materiaal is heel, met geen werklike uitsnydele nie.
Vir die ou wat eerder ’n plons as ’n stille nag verkies.