Kersvader op Verlof — Swembroek | Voorafbestelling
Bestel vooruit — die somer wag nie!
Voorafbestelling | Amptelike bekendstelling: 1 November 2026.
Jy betaal die volle R358 per swembroek by checkout om jou bestelling te plaas. Dit is ’n voorafbestelling: die eerste voorraad is nog onderweg en hierdie item is nie gereed vir onmiddellike versending nie.
Verwagte versending: die week van 2 November 2026, nadat die voorraad ontvang en nagegaan is. Die koerier se afleweringstyd volg daarna. Indien die voorraad vertraag word, sal ons jou oor die hersiene versendingsdatum inlig. Kontak ons indien jy jou voorafbestelling wil kanselleer.
Die slee is geparkeer. Die sonbril is op. Kersvader vat ’n stranddag — en jy kan ook.
’n Turkoois tropiese toneel met ’n ontspanne Kersvader, hibiskusblomme, palmblaaie en geskenke maak hierdie swembroek ’n feestelike somergunsteling.
Die vel-effek aan die voorkant is ’n gedrukte illusie op heel materiaal, nie ’n uitsnydeel nie. Die agterkant wys die tropiese Kersvader-toneel.
Noordpool-attitude. Suid-Afrikaanse somervibes.